Navigation
Tanya
Tanya - LMGA!!! Grappie van die dag!
LMGA!!! Grappie van die dag!
Advertiser
Joined:
11 Mar 2016
Posts to Date: 1390
  View Profile  
Posted: 2017-10-17 14:12:21

Jong man uit die Vrystaat kom Johannesburg toe en gaan na een van daai alles-onder-een-dak winkels en soek vir werk. Die bestuurder vra hom, "Het jy enige ervaring met verkope?"

Ja s die mannetjie, "Ek het kunsmis by die koperasie verkoop".

Die baas het van die jong man gehou en gee toe vir hom die werk.

"Jy begin mre. Ek sal so teen sluitingstyd 'n draai kom maak om te sien hoe dinge gegaan het ."

Sy eerste dag was 'n bietjie rof maar hy het dit gemaak.

Na die winkel gesluit het, kom maak die baas 'n draai op die winkelvloer.

"So, hoeveel klante het jy vandag gehad?"

Die jong man antwoord sonder om te huiwer, "Een".

Die baas s, "Net Een? Ons verkoopsmense hier hanteer 'n gemiddeld van 20 tot 30 klante op 'n dag. Hoeveel het die klant spandeer?"

"R 861 387.55" s die jongman.

"R 861 387.55 Wat die joos het jy aan hom verkoop?!"

"Wel," s die man, "Ek het eers 'n Klein vishoek aan hom verkoop. Toe verkoop ek 'n medium grootte vishoek en uiteindelik 'n groot vishoek. Toe verkoop ek aan hom 'n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy s toe by Sodwana aan die noordkus en ek s toe vir hom dan gaan hy beslis 'n groter boot nodig h en toe stap ons oor na die bootafdeling en verkoop ek aan hom 'n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordenjins.
Hy s toe vir my hy dink nie sy Toyota Corrola gaan die ding gesleep kry nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom 'n nuwe 44 Hilux Raider."

Verstom vra die baas,"'n Ou kom hier in om 'n vishoek te koop en jy verkoop aan hom 'n boot en 'n bakkie?"

"Nee, hy was hier om tampons vir sy vrou te koop toe s ek vir hom, wel, jou naweek is in elk geval in sy moer in, jy kan maar net sowel gaan visvang."
[deleted]
[deleted] - Re: LMGA!!! Grappie van die dag!
Re: LMGA!!! Grappie van die dag!
More than 100 posts
Posted: 2017-10-17 16:54:44

Dit was nou kak snaaks! Letterlik my gat af gelag!
GreyKnight
GreyKnight - Re: LMGA!!! Grappie van die dag!
Re: LMGA!!! Grappie van die dag!
Gold Member
Joined:
10 Jul 2016
Posts to Date: 1315
View Profile
Posted: 2017-10-17 19:51:56

Moer funny!

Reply

You must be logged in to post on this forum. Basic Membership is free and it only takes a minute to sign up. Alternatively, if you are already a member, please log in. You will be automatically returned to this page.

Legend


Hover mouse over icons for description

Back to Previous Page
For the best browsing experience, rotate your tablet horizontal.